Agri SA: Departement van Arbeid blits besoeke

Goeie môre almal

Tydens die Provinsiale Kamervergadering gister is die blits besoeke deur die Departement van Arbeid vergesel deur Immigrasie en die Polisie bespreek. Daar was ook gevalle, soos in Gauteng, uitgewys waar die beamptes van die Departement van Arbeid na bewering omkoopgeld geëis het om klagtes teen boere te laat vaar. Die kamer het verder ook op die dringendheid van die situasie gewys en dat dit so spoedig moontlik met die Departement van Arbeid op geneem moet word. Ons is tans besig om ’n versoek vir ’n afspraak aan die departement te rig om die situasie met hulle aan te spreek.

Dit sal waardeer word indien julle ons met die volgende inligting per provinsie behulpsaam kan wees:

  • In watter gebied per provinsie kom die blitsbesoeke voor.
  • Hoe vind die besoeke plaas, bv. word die plaastoegang protokol gevolg, word werkers in werkstyd deur die departement genader, is die grondeienaar teenwoordig tydens die besoeke?
  • Waar omkoopery sou plaasvind, besonderhede oor die plaasnaam, distrik, datum en tyd waarop dit plaasgevind het en die betrokke beampte se naam en van wat by die beweerde omkoopery betrokke sou wees.
  • Ander inligting wat van waarde kan wees in die gesprek met die departement.

Julle ondersteuning met die inligting teen Vrydag, 23 Februarie 2024 sal waardeer word.

Groete

Kobus Visser
Director: Rural Safety and Provincial AffairsDirekteur: Landelike Veiligheid en Provinsiale Sake
 
C   +27 (0) 82 388 0010E  I  kobus@agrisa.co.za
T   +27 (0) 12 643 3400 
Inkwazi Building  I  Block A  I  1249 Embankment Road  I  Zwartkop X7  I Centurion  I  South Africa 
 
NOTICE: The information contained in this e-mail may be confidential, legally privileged and protected by law. Access by the intended recipient only is authorized. If you are not the intended recipient, kindly notify the sender immediately. Unauthorized use, copying or dissemination hereof is strictly prohibited. Agri SA does not accept responsibility for the contents or opinions expressed in this e-mail, nor does it warrant this communication to be free from errors, contamination, interference or interception. This information is for distribution and use for Agri SA only unless the contrary otherwise clearly appears from the context. Distribution or copying of Agri SA intellectual property without permission may result in legal action. Agri SA, without prejudice, accepts no liability of whatever nature for any loss, liability, damage or expense resulting directly or indirectly from the use of any information contained in this e-mail.