AGRI SECURITAS AANSOEKE OM BEFONDSING

Goeie middag almal

Hoop dit gaan met julle almal nog goed.

Die Agri Securitas Raad van Trustees het by wyse van ’n onlangse omsendbrief, goedkeuring verleen dat aansoeke vir die befondsing van landelike beveiliging projekte op boereverenigingvlak nou deur provinsiale affiliasies van AgriSA ingedien kan word vir die oorweging daarvan en die toekenning van fondse. Aangesien daar slegs beperkte fondse beskikbaar is word provinsiale affiliasies van AgriSA versoek om aansoeke deur boereverenigings op ‘n prioriteit basis vir befondsing in te dien tot en met Vrydag, 4 Oktober 2024.

Provinsiale affiliasies se aandag word ook gevestig op die bespreking wat tydens die Sentrum van Uitnemenheid: Landelike Beveiligingvergadering plaasgevind het op 16 November 2023 en die onderstaande uittreksel uit die notule is ter sprake:

Erkenning word aan provinsiale affiliasies se rol gegee vir die belangrike werk wat hulle doen om aansoeke van hul lede te ontvang en na te gaan. ‘n Beroep word egter op hulle gedoen om nie as ‘n poskantoor op te tree en aansoeke net so deur te stuur sonder dat dit behoorlik nagegaan is en voorsien word van ‘n weldeurdagte aanbeveling. Die trustfonds vra vir ‘n groter verantwoordelikheid by provinsiale affiliasies om te help in die beoordeling van aansoeke.

Die Raad het ook besluit dat daar voorkeur gegee sal word, eerstens aan daardie boereverenigings wat nog nie voorheen deur die trustfonds finansieël ondersteun is nie en boereverenigings wat in hoë misdaadrisiko areas geleë is.

Om die afhandeling en verwerking van die aansoeke te bespoedig is die aansoekprosedure vereenvoudig deurdat aansoekers voortaan slegs die aansoekvorm hierby ingesluit moet gebruik om hulle aansoeke in te dien. Provinsiale affiliasie word versoek om te let op die gedeelte van die aansoekvorm wat deur hulle voltooi en onderteken moet word.

Sodra al die aansoeke ontvang en verwerk is sal dit aan die Raad van Trustees voorgelê word vir oorweging. Hierna sal provinsiale affiliasies ingelig word oor die uitslag van die aansoek en watter inligting benodig word om die betaling van ‘n goedgekeurde aansoek af te handel. Let ook daarop dat goedgekeurde aansoeke geldig is vir ’n tydperk van 90 dae waarbinne die verlangde dokumente gelewer moet word om betaling af te handel.

Vriendelike groete

Kobus VisserProvincial Chamber / Rural Safety / Agri Securitas