AgriSA Junie nuusbrief: Deel jou stories en foto’s vir AgriSA se maandelikse nuusbrief

Goeie môre almal

Ons is besig met die samestelling van die inhoud van AgriSA se Junie nuusbrief, en ons wil ons provinsiale affiliasies nooi om artikels, nuusitems en foto’s by te dra vir die Junie uitgawe en vir die toekoms.

Daar is geen beperking op relevante inhoud wat gedeel word nie. Of dit nou ‘n in-diepte artikel oor volhoubare boerderypraktyke is, ‘n kort opdatering oor plaaslike landbougeleenthede en -gebeure, ‘n persoonlike storie van ‘n lid op sy plaas, of pragtige foto’s van lede se gewasse, vee of waar daar ‘n interaksie met ‘n instansie of grondvlak lede was, ons verwelkom dit alles. Moet nie die snaakse stories of foto’s van ons lede vergeet nie.

Ons ontvang graag die bydraes, in Afrikaans of Engels, teen Woensdag, 19 Junie 2024 om 12:00. Die inligting kan aan Karen Grobler karen@distinct.africa gestuur word. 

Deel julle lede se stories en foto’s met ons vir AgriSA se maandelikse nuusbrief. Julle is welkom om deurlopend die inligting vir ons te stuur maar teen nie later nie as die 25ste van elke maand nie.

Ons sien uit na julle inligting en stories en kan nie wag om dit wyd te deel nie.

Groete