Kweek voorspoed, nie ideologie nie

Die nuwe minimum loon vir 2024 is aangekondig ten spyte van verskeie menings dat die landboubedryf nie die verhoging kan absorbeer nie. ‘n 8.5% styging is bloot nie volhoubaar nie.

TLU SA loods vandag ‘n veldtog om landbouers te bemagtig om, ten spyte van die nuwe minimum loon, voorspoed te kweek vir hulle boerdery, en nie ideologie nie.

TLU SA bied op Donderdag, 29 Februarie 2024 om 10:00 ‘n werkswinkel aan waartydens landbouers gratis regsadvies sal ontvang. Die LWO Werkgewersorganisasie sal wetgewing en riglyne rondom die minimum loon wetgewing verduidelik.

Om te verseker dat almal munt uit die gratis werkswinkel kan slaan, kan belangstellendes dit by die TLU SA kantoor in Pretoria bywoon of aanlyn inskakel. Die sessie sal ook opgeneem word en landbouers kan versoek om die opname na die werkswinkel te ontvang.

Beperk die impak van die nuwe minimum loon op jou boerdery, en woon die gratis regsadvieswerkswinkel by.

Registrasie kan gedoen word op die TLU SA webwerf: https://www.tlu.co.za/kweek-voorspoed-nie-ideologie-nie/