Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
1. Het jy radio kommunikasie met buurman en veiligheids koordineerder / beheerkamer?
2. Word radio kommunikasie met buurman en veiligheids koordineerder / beheerkamer gereeld getoets?
3. Is noodnommers van jou bure, veiligheids koordineerder en polisie op jou selfoon aangebring
4. Hou jy selfone gelaai indien kragtoevoer afsny en landlyn nie beskikbaar is nie?
5. Is jy op 'n WhatsApp groep met jou veiligheids koordineerder om i.o.v verdagtes te monitor?
6. Maak jy gebruik van jou selfoon se sekerheidsopstelling met bure en veiligheids koordineerder?
7. Beskik jy oor veiligheidshekke en diefwering?
8. Word jou traliehekke voortdurend gesluit as jy binne en / of buite huis is?
9. Het jy honde binne / buite die huis?
10. Het jy alarmstelsel en veiligheidsheining om jou huis? (Aktiveer jy alarm wanneer jy nie tuis is nie?)
11. Het jy sekerheidsligte, waarskuwingsligte en of kameras om jou huis wat gekoppel kan word met jou selfoon?
12. Het jy 'n gebeurlikheidsplan en maatreels met jou gesin in werking? (Wie hanteer vuurwapens, veiligste plek in huis)
13. Is toegansroetes tot jou woning oop (bosse weggesny en of skuiling deur verdagtes)? Sien veiligheidswenke
14. Hou jy 'n volledige inligtingstelsel van werkers, bewoners of besoekers aan jou werkers op jou plaas? (Neem foto's en paas op leer)
15. Sal jou werkers vreemde voertuie / verdagtes rapporteer?
16. Is werkers ingelig / opgelei om hulp te gaan soek as hul / jy aangeval word? (polisie / veiligheidskoordineerder)
17. Vorm werkers deel van gebeurlikheidsplanne? (hulp te ontbied, beskrywing van verdagtes, mobilisasie, ens)
18. Is jy deel van 'n landelike beveiligingsplan in samewerking met jou plaaslike polisie en georganiseerde landbou?
19. Woon jy gereeld inoefeninge saam met ander boere en polisie by?
20. Woon jy gereeld die maandelikse landelike veiligheids vergadrings by saam met polisie en ander boere ?
21. Ry jy gereeld wit lig patrollies met plaaswag en ander boere in jou omgewing om misdaad aan te spreek?
22. Is jy waaksaam, paraat en observeer jy, jou familie en werkers gereeld wie in die omgewing rondbeweeg?
23. Het jy noodhulp toerusting in jou huis?
24. Ken jy jou plaaslike polisie en werk julle aan goeie verhoudinge?
25. Pas jy toegangsbeheer op jou plaas toe deur die implimentering van die plaas toegang protokol